Dit is die taak van hierdie afdeling om SA Stamboek se doelstellings ten opsigte van dienslewering uit te voer. Die werksaamhede van die afdeling behels tegniese- en vakkundige advies aan telersgenootskappe en hul lede. Hierbenewens kontroleer die afdeling die in- en uitvoere van genetiese materiaal, bestuur die prosesse verbonde aan ouerskap verifikasie, reik perdepaspoorte uit en is genootskappe behulpsaam met die saamstel van skou- en veilingskatalogusse. Die webblad en programmering diens van SA Stamboek ressorteer onder die Afdeling: Vakkundige Dienste. Die afdeling het 'n personeel komponent van 5 persone. Skou- Veilings katalogusse Adviesdienste Inspeksies Data-onttrekking en -verwerking Ouerskap verifikasie Programmering diens Webblad diens Publikasies Skou-en Veilings katalogusse Daar bestaan verskeie verskillende formate vir veilingskatalogusse wat uit die data van die stelsel saamgestel kan word. In sommige gevalle staan personeel van die Afdeling genootskappe by om sulke katalogusse saam te stel. Skoukatalogusse word op versoek, in samewerking met die betrokke telers- en skougenootskap, saamgestel. Vir navrae in hierdie verband kontak Elsa van den Berg by (051) 410 0900 of per e-pos by elsa@studbook.co.za Adviesdienste Die afdeling is telersgenootskappe en telers behulpsaam met die interpretering van verskeie bestaande standaard verslae en die aanwending van die resultate uit sulke verslae ten einde hul doelwitte meer doeltreffend na te streef. Inspeksies Die afdeling is verantwoordelik vir die inspeksie van alle diere van Direkte Inskrywings rasse. Data-onttrekking en -verwerking Die afdeling staan telersgenootskappe by met die ontleding van hul inligtingsbehoeftes en die ontwerp en implementering van programme om hul data behoeftes aan te spreek. Die Afdeling onderneem gereeld ad hoc data-ontleding vir telersgenootskappe in gevalle waar hulle unieke behoeftes in hierdie verband het. Ouerskapverifikasie Die afdeling is verantwoordelik vir die bestuur van die ewekansige ouerskapverifikasieprogram en voer ook alle ouerskapverifikasietoetse uit wat volgens Verordening 9 van die Grondwet van SA Stamboek plaasvind. Vir navrae in hierdie verband kontak Elsa van den Berg by (051) 410 0900 of per e-pos by elsa@studbook.co.za Publikasies Die afdeling is verantwoordelik vir verskeie publikasies van die SA Stamboekvereniging, te wete die SA Stoetteler tydskrif, SA Livestock Breeding en die Handleiding vir Stoettelers. Vir navrae in hierdie verband kontak Elsa van den Berg by (051) 410 0900 of per e-pos by elsa@studbook.co.za |