Enquiries?    info@studbook.co.za  
SA Stamboek Wild

SA Stamboek Wild

 -
 -
 -
 -


SA Stamboek lewer aantekeningsdienste aan die wildbedryf waar daar tans 42 verskillende wildspesies aangeteken kan word in Logix Wild.   Subspesies, bloedlyne en kleur-variante kan ook aangeteken word. 

Aangesien wildteling nog relatief nuut is, behoort telers stamboominligting en alle geboortes aan te teken. Alle inligting wat aangeteken word tydens pyling, insluitende horingmates, word aangeteken en gestoor op Logix Wild. Horingeienskappe sluit in horinglengte, horingbasis, horingpalm, ringe, tiplengte, tip-tot-tip en spreiding. Die belangrikste spesies wat tans aangeteken word is Swartwitpense, Bastergemsbokke en Buffels. 

Diere moet individueel geïdentifiseer word. Telers benodig internet-toegang. Data word elektronies na Logix Wild gestuur, of deur die rugsteun-lêer van BenguFarm Wild na Logix te e-pos.


Die volgende bestuurstate is beskikbaar deur Logix Wild:

• Drie- en vyf-generasie stamboomverslae 
• Sertifikaat met drie-generasie stamboom en alle aangetekende inligting 
• Nageslagsverslae (vader- en moeder-nageslag) 
• Kuddeverslae: inventaris, per capita lyste, geboorte-aantekening, verskeie reproduksieverslae. 

Sodra voldoende inligting beskikbaar is, sal teeltwaardes vir horingeienskappe vrygestel word.  Vir meer inligting, kontak Helena Theron by 082 376 2483 of epos na helena@studbook.co.za

 -

Aflaaibare Dokumente

# Naam Beskrywing
1. Wild Aansoekvorm PDF Dokument
  Links kliek die dokument naam om oop te maak of Regs kliek die dokument naam en kies Save Target as... om die dokument af te laai.

© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.