WANNEER WORD INTERGIS GEBRUIK?
 
INTERGIS word gebruik vir lewendehawe nasporing (traceability), melkaantekeningprogramme, kudde (stam) -boek, prestasietoetsing-programme vir vleisbees-telers, varktelers, kleinveetelers, klein tot medium grootte pluimvee, eenhede en perdetelers. INTERGIS is spesifiek ontwikkel met die Suid-Afrikaanse Lewendehawe Industrie in gedagte, maar met buigsaamheid ingebou om dienste te lewer in alle ander lande en produksiestelsels. Hierdie buigsaamheid bied ook aan boere en ander gebruikers 'n groot verskeidenheid van opsies. Verslae en inligting is gebaseer op die vereistes van die gebruiker, en maak dus voorsiening vir verskeie opsionele dienste.
 
'n Universele Diere Inligtingstelsel / Effektiewe Aantekening & Verwerking van alle Diere-data / Waarom INTERGIS? / Wanneer word INTERGIS gebruik? / Gebruiker van die INTERGIS / Voordele van INTERGIS / Buigsaamheid van INTERGIS / INTERGIS Databasis / Toeganklikheid /Praktiese Funksies