VOORDELE VAN INTERGIS
 
In vorige dekades het die groep ontwikkelaars van die INTERGIS oneindige ondervinding opgedoen in aantekening, kwaliteitsbeheer en die stoor en verwerking van diere-data. Met die ontwikkeling van INTERGIS is die nuutste rekenaartegnologie gebruik, wat dit kragtig, gebruikersvriendelik en buigsaam maak.
INTERGIS is 'n volledige stelsel wat deur Diereverbeteringsorganisasies sowel as enige organisasie op nasionale vlak wat die verwerking van lewendehawe data hanteer of beheer, gebruik kan word. Deelname verseker die aansluiting by 'n globale ontwikkelingsspan se ondervinding en kundigheid. Hierdie vorm 'n forum om die nuutste beginsels in kudde-bestuurshulp en inligtingstegnologie te bespreek en te implementeer. INTERGIS het deel geword van die wêreldwye norm in pakkette vir die bestuur van diere-aantekening.
INTERGIS se sagteware bied 'n groot verskeidenheid opsies aan om die terugvoering van inligting te bepaal na aanleiding van die wense van gebruikers, insluitende telers. Dit hou 'n spesiale voordeel in vir alle gebruikers wat op die voorpunt wil bly met dataverwerking van hul diere en plaasbestuur hulpmiddels.
Wanneer u die beste inligting van u diere teen die laagste prys verlang - INTERGIS bied u dit!
 
'n Universele Diere Inligtingstelsel / Effektiewe Aantekening & Verwerking van alle Diere-data / Waarom INTERGIS? / Wanneer word INTERGIS gebruik? / Gebruiker van die INTERGIS / Voordele van INTERGIS / Buigsaamheid van INTERGIS / INTERGIS Databasis / Toeganklikheid /Praktiese Funksies