EFFEKTIEWE AANTEKENING & VERWERKING VAN ALLE DIERE-DATA
Die sagteware wat in die ontwikkeling van INTERGIS gebruik is, is standaard. Dit verskaf 'n veilige omgewing vir kwaliteitbeheer, stoor en verwerking van data.
Die INGTERGIS bestaan uit die volgende modules en afdelings:
| * | Registrasies en naspoorbaarheid, hanteer van kudde registrasies en aanteken van die beweging van diere |
| * | Melkaantekening, (gebasseer op die Irisstelsel soos ontwikkel deur CR-Delta in Holland) hanteer melkaantekening en dataverwerking vir verskeie aantekeningskemas |
| * | Vleisbees-aantekening, wat die hele produksie siklus aanteken vanaf paring tot vleis kwaliteit eienskappe |
| * | 'n Verskeidenheid van ander diereienskappe soos tipe klassifikasie |
| * | Reproduksie, soos Kunsmatige Inseminasie, Embrio-oorplasing en ander dataverwerking |
| * | Kudde (stam) -boek registrasie |
| * | Aanwending van teelwaarde inligting |
| * | Geïntegreerde Varkaantekening wat op-die-plaas en toetssentrum aantekenigstelsels outomaties met 'n gesentraliseerde databank koppel |
| * | Kleinveestelsel wat uniek in die wêreld is, wat voorsiening maak vir alle aantekenig en die hanteringbehoeftes van wol, vleis en bokteling en produksie |
| * | Eier en pluimvee produksie hantering en aantekening van klein tot medium grootte ondernemings |
| * | Stambome en prestasie aantekening van perde |
Soos wat behoeftes toeneem kan die aantal modules uitgebrei word om ook ander aktiwiteite in kuddes, soos die aantekening van gesondheid, te hanteer.
INTERGIS is van onskatbare waarde vir alle organisasies wat met Lewendehawe Produksie gekoppel is en dien ook as intrument vir die kontrole van kwaliteit. Bestuursbystand word ook tot op plaasvlak gelewer.
 
'n Universele Diere Inligtingstelsel / Effektiewe Aantekening & Verwerking van alle Diere-data / Waarom INTERGIS? / Wanneer word INTERGIS gebruik? / Gebruiker van die INTERGIS / Voordele van INTERGIS / Buigsaamheid van INTERGIS / INTERGIS Databasis / Toeganklikheid /Praktiese Funksies