'n UNIVERSELE DIERE INLIGTINGSTELSEL
Telers, Organisasies in die Veebedryf, Veekundiges, Veeartse, en Internasionale Organisasies verlang vandag meer en beter inligting oor lewendehawe. Toegang moet vinnig en koste-effektief wees en die betroubaarheid van die hoogste standaard. Dit stel dus alle voordeeltrekkers in staat om die bes moontlike bestuursbesluite te kan neem.
Met dit in gedagte is die INTERGIS, onafhanklik en geloofwaardig, vir Suid-Afrika ontwikkel as 'n geïntegreerde stelsel. Dit verskaf aan alle gebruikers die geleentheid om data aan te teken en te verwerk en dus 'n optimale diens aan alle kliënte te lewer.
 
'n Universele Diere Inligtingstelsel / Effektiewe Aantekening & Verwerking van alle Diere-data / Waarom INTERGIS? / Wanneer word INTERGIS gebruik? / Gebruiker van die INTERGIS / Voordele van INTERGIS / Buigsaamheid van INTERGIS / INTERGIS Databasis / Toeganklikheid /Praktiese Funksies