BUIGSAAMHEID VAN INTERGIS

 

INTERGIS voldoen aan die aanbevelings van ICAR (International Committee for Animal Recording) met betrekking tot die vereistes waaraan data moet voldoen, datavaslegging en - verwerking.  Byvoorbeeld, kodes van lande en rasse, stamboom aantekening en berekening van laktasie opbrengste, ens.  INTERGIS is geskik vir alle produksiestelsels en maak voorsiening vir groot en klein ondernemings.  Data kan versamel word by boere of amptenare gemoeid met aantekening. Data word op 'n sentrale rekenaar verwerk wat oorgedra kan word na ander stelsels.  Ondersteuning word aan produseerders en telers gegee met behulp van verslae wat alle aspekte van inligtingsbestuur dek.  INTERGIS kan koppel aan 'n groot verskeidenheid van sagteware produkte en bedryfstelsels.

Elektroniese data-kommunikasie tussen die teler en INTERGIS, Telersgenootskap en INTERGIS, LNR-DVI en Stamboek is moontlik.

 

'n Universele Diere Inligtingstelsel / Effektiewe Aantekening & Verwerking van alle Diere-data / Waarom INTERGIS? / Wanneer word INTERGIS gebruik? / Gebruiker van die  INTERGIS / Voordele van INTERGIS / Buigsaamheid van INTERGIS / INTERGIS Databasis / Toeganklikheid /Praktiese Funksies