|
Handleiding vir Stoettelers is nou beskikbaar en kan bestel word by Elsa van den Berg by elsa@studbook.co.za.
Die handleiding se prys is: R75.00 per boek, BTW en posgeld uitgesluit.
Indien 50 of meer boeke bestel word is die prys R60.00 per boek, BTW en posgeld uitgesluit.
Kliek hier om te lees wat u alles kan verwag in die Handleiding vir Stoettelers.
Stambome en Registrasie van perde nou beskikbaar op Logix!
Die nuuste SA Stoetteler - Weergawe 19 Januarie 2008 is nou beskikbaar!
WAT STEEK IN JOU KAMPIOEN?
Kwalitieit diere met onderskeiding!
SA Stamboek speel 'n leidende en onmisbare rol in die bemagtiging van telersgenootskappe en telers
deur die onpartydige registrasie en aantekening van eienskappe van diere, asook die verskaffing
van uitnemende waardetoevoegende dienste.
Waarom SA Stamboek?
- Meer as 100 jaar se ervaring in die bedryf
- Eg Suid-Afrikaans...geskoei op die Suid-Afrikaanse omstandighede
- Internasionaal bekend en lid van ICAR
- Persoonlike diens
- Uitstekende vakkundige kennis
- Onpartydige verifieërder van inligting
- Behoort aan stoettelers en -genootskappe
- Addisionele ondersteuningsdienste aan stoettelersgenootskappe teen baie bilike pryse
Kliek op prentjie om advertensie te vergroot.
Die doel van die Logix gebruikerskoppelvlak is om aan die verskillende gebruikers 'n gebruikersvriendelike deurgang tot die betrokke databasisse te bied en om hulle behoeftes ten opsigte van spesifieke inligting en data-uitruiling aan te spreek deur funksionele program roetines en skerms wat saamgebind word deur n stel toepaslike keuse-skerms.
Die Intergis 2000 stelsel is 'n versameling van databasisse en programme wat die diere-aantekenings behoeftes van n wye spektrum van rolspelers in die veebedryf aanspreek, van telers en eienaars van suiwer geteelde diere, tot die personeel van registrerende owerhede, prestasie-aantekenings agentskappe, Nasionale- en Provinsiale Regeringsinstansies, adviseurs en konsultante en verwante bedryfsorganisasies.
Kliek op "Gaan voort" of op een van die prentjies om na Logix of Intergis te gaan.
|